🎭 Skitterende optrede deur Hoër Volkskool se dramaleerders.
Ons is hierdie week bederf met ‘n aangrypende toneelstuk deur ons eie dramaleerders. Die stuk, “Dit is genoeg vir nou”, bring harde realiteite na die verhoog en fokus op temas soos tienerdruk, die uitwerking van boelies en die teenkanting teen aborsie.
Die talentvolle spelers was Jean Wyngaardt, Ilze Vorster, Mia Prinsloo en Anzel Kleynhans, met Hugo Lambrechts wat die tegniese aspekte hanteer het.
Baie geluk aan hierdie groep wat nie net gehore laat dink nie, maar ook diep laat voel. 💫