Die ATKV-tak van Hoër Volkskool het die kwartaal op ‘n hoogtepunt afgesluit met ‘n besoek aan Huis Van de Graaff.
Ons het die dag spesiaal begin deur ‘n paar liedere vir die inwoners te sing, wat hulle harte warm gemaak het. Die hoogtepunt van die dag was egter toe ons saam met hulle ‘n vrolike rondte Bingo gespeel het — daar was lag, opwinding en ware vreugde in die lug.
Dankie aan almal wat deel was van hierdie betekenisvolle kuier. Dis sulke oomblikke wat herinner waarom ons sê: “Ons is lief vir mense.”