
Vandag staan ons stil by die krag, potensiaal en verantwoordelikheid van die jeug.
Ons leef in ‘n wêreld vol moontlikhede – geleenthede om te leer, te lei, en ‘n verskil te maak. Saam met daardie voorreg kom ‘n plig: om betrokke te wees, om op te staan vir geregtigheid, en om ons wêreled beter te maak vir almal.
By Volkskool verstaan ons dat hierdie verantwoordelikheid nie ligtelik opgeneem kan word nie. Ons glo dat elke jong mens ‘n rol het om te speel in die bou van ‘n meer hoopvolle en regverdige toekoms.
Mag ons nie net droom nie, maar ook doen. Nie net verwag nie, maar ook bydra.
Die toekoms lê nie net voor ons nie – dit lê in ons hande.