Vanoggend het die Mnr. en Mej. Volkskool-wenners ’n draai gemaak by Alchemy Skin & Body, een van ons hoofborge vir die jaar.
’n Spesiale dankie aan Mia du Plessis, een van Alchemy se terapeute én ’n voormalige hoofmeisie van Hoër Volkskool, wat ook die aand bygewoon het en gehelp het met die oorhandiging. Dit is altyd lekker om oud-Volksies weer betrokke te hê.
Baie dankie aan Alchemy vir julle gasvryheid en betrokkenheid by ons skool, asook die lekker pryse!
