Die Hoër Volkskool Boogskietklub het Saterdag, 26 Mei, ’n baie suksesvolle kompetisie aangebied – en ons eie skuts het behoorlik gewys wat in hulle steek!

Hier’s hoe hulle gevaar het:

Laerskool Meisies:

🥇🥇Helen Grobbelaar vat twee goud! Sy skiet ’n persoonlike beste van 283 – tweede hoogste telling van die dag! Net een skut was beter… en hy’s in die SA span!

🥉🥉Mia Lategan vat twee keer brons – mooi so!

Laerskool Seuns:

🥉🥉Christiaan Marais met twee brons!

Hoërskool Meisies:

🥇🥇Danél de Koker vat twee goud,

🥉🥉Karli van Rooyen bring twee brons huis toe!

Senior Vroue:

🥉🥉Carol Cronje neem ook twee brons – ‘n mooi prestasie!

Ons is ongelooflik trots op elkeen wat deelgeneem het – julle maak ons skoolnaam blink!

Meer Nuusberigte