Chris de Wet en Charl Conradie het aan die Suid-Afrikaanse Vlak 2-swemgala deelgeneem. Die gala is by die N.A. Smit swembad in Oudtshoorn aangebied.
Chris het aan sewe items deelgeneem en in ses items ‘n persoonlike beste tyd behaal.
Charl het ook aan sewe items deelgeneem en in ses items ‘n persoonlike beste tyd behaal.
Charl wen die volgende medaljes:

  • Brons vir 50m vryslag
  • Silwer vir 100m en 200m rugslag
  • Goud vir 50m rugslag.
    Baie geluk aan hierdie twee seuns met hul goeie prestasies!
    Afrigting deur JP Seyffert van Destiny Swimming Academy, by Hoër Volkskool se binnenshuise swembad.

Meer Nuusberigte