Erik Swanepoel het die naweek van die 16de Maart 2024, aan die Rover Motorfietsklub se Enduro tweede rondte deelgeneem. Die rondte was baie vinnig, met n mengsel van los klippe, los grond en sand. Op sekere seksies was daar ‘n topspoed van 120-130 km/h gehaal en moes hy teen die hoë spoed met tye ‘n bult uitry en goed weet waar elke draai sit.

Erik moes vier rondtes van ‘n 17km baan voltooi en sy vinnigste tyd per rondte was 20 minute en 43 sekondes.

Erik het ‘n tweede plek in die hoërskool afdeling van die wedren verower. Baie geluk Erik!

Meer Nuusberigte