Kate-Lynn Kruger, graad 9-swemmer van Hoër Volkskool, het vanaf 21 tot 24 Maart 2024 aan die SA Vlak 3 “Regional Age Group Championships” swemgala deelgeneem. Die gala is by die Joan Harrison Swembad te Oos-Londen aangebied.
Sy het medaljes in elkeen van die ses items waaraan sy deelgeneem het, verower. ‘n Uitstekende prestasie! Sy het ’n persoonlike beste in vyf items behaal.
Kate-Lynn het die volgende medaljes verower:

  • 100 meter Rugslag – Brons
  • 200 meter Individuele Wisselslag – Silwer (Persoonlike Beste)
  • 50 meter Borsslag – Silwer (Persoonlike Beste)
  • 200 meter Borsslag – Goud (Persoonlike Beste)
  • 50 meter Rugslag – Goud (Persoonlike beste)
  • 100 meter Borsslag – Goud (Persoonlike Beste)

Baie geluk met hierdie pragtige prestasie, Kate-Lynn.

Afrigter: Jp Seyffert van Destiny Swimming Academy.

Meer Nuusberigte