Ons het hierdie jaar geen steen onaangeroer gelaat om Hoër Volkskool se uitvoerende kunste tot nuwe hoogtes te stuur nie.
Na uitstekende resultate by die Kunstefees en ons prysenswaardige oorwinning in die Karoo Interskole Toneelfees, het ons die jaar met ons pasafgelope Kultuuraand op ‘n hoogtepunt afgesluit.
Die Volksies het behoorlik gespog met hulle talent. Daar is gedans, gesing en klavier gespeel. Geen kultuuraand sou volledig kon wees sonder ons bekoorlike drama opvoerings nie.
Ons was saam met “Fiela se kind” in die Langkloof. Ons het ‘n dobbelende juffrou ontmoet, katte wat beste maatjies is en natuurlik gehoor dat dit verseker te duur is om verlief te wees.
Die aand is op ‘n hoogtepunt afgesluit met ‘n deel uit die toneelstuk “Skool in Afrikaans”.
Ons opregte dank aan die ATKV wat gehelp het om die saal volgens ons tema “Hollywood” voor te berei en om kaartjies te verkoop. Ons aand sou beslis nie kon plaasvind sonder ons eie Karoo “Hollywood” sterre nie. Baie dankie vir elkeen van julle se bydrae, entoesiasme en harde werk.
Van hier af vorentoe gaan ons net nog hoër hoogtes bereik.
Foto’s: Mikha with a Camera

Meer Nuusberigte