Die VCSV kom elke Woensdag om 18:00 bymekaar. Hulle het onlangs ‘n “amazing race” gehou waaraan die leerders deelgeneem het. Elke span moes ‘n naam kies en soveel as moontlik van die uitdagings binne ‘n uur suksesvol voltooi. Foto’s van elke uitdaging moes deurlopend aan me. Coetzee gestuur word en almal moes teen 18:55 by die skoolterrein terug wees.

Uitdagings het onder andere die volgende ingesluit:

Vra ‘n winkeleienaar of jy hul vloer kan uitvee.

• Stop ‘n voetganger in die dorp en vra of jy vir hom/haar kan bid.

• Die hele span stap na UHS, kniel en bid vir God se seën oor die skool.

• Vra vir iemand of jul hul skottelgoed kan was.

• Kniel by LVS en bid vir God se seën oor LVS.

• Vra vir iemand of jul hul motor kan was.

• Kniel by HVS en bid vir God se seën oor HVS.

• Help ‘n persoon om sy/haar pakkies te dra of waentjie te stoot by ‘n winkel.

• Doen as ‘n span 10 opstote by die Groot Kerk.

• Gaan na ‘n onderwyser/es en bedank hom/haar vir hul werk en vra of jy vir hom haar kan bid (as ‘n ander span alreeds by daardie onderwyser was, moet jy ‘n ander onderwyser soek en die VCSV juffrouens tel nie).

• Skryf ‘n bybelvers netjies oor met die woorde Jesus het jou lief en plaas dit in iemand se posbus of druk dit onderdeur die deur.

• Sing ‘n christelike liedjie wat almal ken voor ‘n kerk in die dorp.

• Koop ‘n pak malvalekkers en gaan gee dit by Huis Eybers af met die woorde: “Hierdie is net om julle te herinner dat Jesus julle baie lief het”.

Meer Nuusberigte