Met die aanbreek van die 2023-hokkieseisoen het HVS verlede week hokkieproewe gehou om ‘n oefengroep te kies.
Oud-Volksie Bebe (Steyn) Claassen, matriek 1977, was een van die keurders tydens die proewe. Bebe het vanaf 1987 tot 1993 vir die Springbokhokkiespan gespeel en was daarna vanaf 1998 tot 2000, die SA o.18 dogters hokkiespan se afrigter. Die span wat sy afgerig het, het aan die Junior Statebond Spele in Skotland deelgeneem.
Baie sterkte aan die oefengroep wat gekies is met die voorbereidings vir die jaar.
FOTO: Paula Zandberg en Bebe Claassen

Meer Nuusberigte