Hoër Volkskool kon in 2022 uiteindelik weer ons jaarlikse kleuregala aanbied. Na ‘n minder aktiewe tyd in die swembad,  is daar slegs 4 rekords verbeter op die dag. 

Marlien Crewe-Brown verbeter die 100m borsslag en die 50m borsslag wat haar suster, Lizandri Crewe-Brown in 2017 opgestel het. Sy verbeter ook die 200m borslag met ‘n tyd van 3:10:78. Die vorige rekord was 3:23:45 wat deur Nicloa Els in 2011 opgestel is. 

Izak HAttingh verbeter die 100m Vlinderslag rekord wat in 2015 deur Lucian Laubscher opgestel is. die rekord was 1:10:84 en Izak kon die wedloop voltooi in 1:06:84.

Na afloop van die gala is Marlien Crewe-Brown as die Victrix Ludorum aangewys en Izak Hattingh as Victor Ludorum. 

Marlien Crewe-Brown in aksie

Charlo Conradie (gr 8) in aksie

Meer Nuusberigte