BAIE GELUK aan Petroné Fourie wat as die Dux-leerling vir die 2021 akademiese jaar aangewys is.

Petroné het die Rupert Prestasie Toekenning ontvang as gesamentlike TOP MATRIEK in Graaff-Reinet vir 2021. Sy deel hierdie prestasie met James Rose-Innes van UHS.Petroné, die jongste van drie Fourie-sussies het verlede jaar haar skoolloopbaan aan Hoër Volkskool voltooi. Dit is ‘n groot prestasie vir die sussies aangesien al drie in hul onderskeie jaar as Dux-leerling van die skool aangewys is.

Op die foto verskyn Petroné Fourie (2021), Engeri Fourie (2018) en Juryna Fourie (2020).Engeri is besig met haar vierde jaar Medies by die Universiteit Stellenbosch se Tygerberg kampus. Juryna is tans besig met haar tweede jaar Bedryfsingenieurswese aan Universiteit Stellenbosch. Petroné gaan BA (Geesteswetenskappe) met Frans en Engels aan die Universiteit Stellenbosch studeer en wil graag ‘n skrywer word. Baie geluk, Petroné, met jou toekenning en baie sterkte met jou studies.

Meer Nuusberigte