Leerders van HVS en LVS het verlede naweek aan die interprovinsiale boogskietkompetisie in twee afdelings deelgeneem, naamlik Laerskole en Hoërskole en afrigters Beyers en Carol Cronje het aan die Alumni-afdeling deelgeneem.

Die beste skuts van HVS is Annelie Pieterse met ‘n telling van 285/300 en Lieben Bekker met 281/300. Altesaam 345 skuts het deelgeneem en Annelie Pieterse, Lieben Bekker, Cole Strydom, Freddie van der Mescht en Samuel Pieterse is onder die eerste 100.

Carol Cronjé en Beyers Cronjé het ook baie goed gevaar en is onderskeidelik elfde en agtiende in die Alumni-afdeling.Volkskool het negende in die Interskole-kompetisie geëindig.

BAIE GELUK aan ons afrigters en leerders van LVS en HVS.

Meer Nuusberigte