Die tennisspelers van Hoër Volkskool het ‘n baie bedrywige week agter die rug.  In die Somerliga het die eerste seunspan met Wheatlands kragte gemeet.  Wheatlands wen die wedstryd 3 – 1.  Die tweede seunspan speel teen Mountain met die besoekers wat 3 – 1 seëvier.

Dinsdag het die eerste twee spanne in ‘n weg wedstryd teen Cradock gespeel.  Die wedstryde is beslis met dubbel- en enkelwedstryde.  Volkskool se eerste seunspan verloor naelskraap 4 – 5, terwyl die eerste dogterspan 8 – 1 wen.  Die tweedespan wedstryde is deur Volkskool oorheers en beide die seun- en dogterspanne wen 8 – 1.

Woensdag het 15 spelers van Middelburg in Graaff-Reinet kom speel en hoofsaaklik dubbelstel wedstryde gespeel teen die derde- en vierdespan van Volkskool.  Middelburg wen met 12 wedstryde teen 4.

Vrydag was dit Hoërskool Framesby se beurt om die Graaff-Reinet hitte en die eerstespan van Volkskool aan te durf.  Die uitslag is bepaal deur dubbelspel en gemengde dubbelspel wedstryde. Hoër Volkskool wen oortuigend met 11 – 1.

Die top vyf seuns en dogters vertrek Woensdag na Bredasdorp waar hulle, as verdedigende kampioene, aan die jaarlikse Tennis-4-Jesus Dubbelstoernooi gaan deelneem.  Ons wens hulle ‘n veilige reis en baie sterkte toe.

Meer Nuusberigte