Anke en Tarien van der Westhuizen het vanaf 3  tot 8 Februarie deelgeneem aan die SAMSSA Nasionale Proewe te Bloemfontein. Albei het baie goed daar gevaar en is gekies vir die Suid-Afrikaanse Junior Proteaspan wat vanaf 1 tot 12 Julie gaan deelneem aan die Wêreld Kampioenskappe in Gideå, Swede. By die proewe het hulle die volgende uitslae behaal:

Tarien van der Westhuizen – 2 brons -, 2 silwer – en 2 goue medaljes 

Anke van der Westhuizen –  2 brons – , 3 silwer – en 7 goue medaljes verower het.

Andrew Schoeman het ook aan hierdie proewe deelgeneem en wen 2 silwer- en 2 goue medaljes.  

Ons wens hierdie skuts hartlik geluk en alle voorspoed vir die toekoms.

Meer Nuusberigte