Drie leerlinge van Hoër Volkskool het deelgeneem aan die Suid-Afrikaanse Saalperd Kampioenskappe by die Bloemskou 24 – 28 April 2018. Weereens druk Hoer Volkskool hul stempel af op Ruiterkuns in SUid-Afrika.

Die ruiters neem deel aan uitdunne vir die kampioen van Kampioene, wat ‘n glansgeleentheid is waar die top 8 ruiters 18 jaar en jonger teen mekaar deelneem.

Zileke de Jager word gekies vir die top 8 5-Gang finaal en behaal ‘n algehele sewende plek in die finaal. Zankie Botha dring deur na die top 8 in die 3-Gang finaal waar sy ook in die sewende plek eindig.

In die Suid-Afrikaanse Kampioenskapklasse behaal Marichen Piek en Zanki Botha die volgende skitterende plasings:

Marichen Piek eindig as die Suid-Afrikaanse Kampioen 3-Gang Ruiter 18 jaar en onder, terwyl Zanki die Suid-Afrikaanse Kampieon 3-Gang Ruiter 14 jaar en onder is.  Sy word ook gekies as ‘n reserwe Suid-Afrikaanse Kampioen 5-Gang Ruiter 14 jaar en onder. Sy behaal ook ‘n derde en twee vierde plekke in die Kinderryperd klasse 14 jaar en onder.

Ons is baie trots op hierdie drie top ruiters en wens hul alle voorspoed toe met hul toekoms in Ruiterkuns.

Meer Nuusberigte