Verlede week het Hoer Volkskool die twee-jaarlikse Oscar-aand aangebied. Die aand is ‘n hoogtepunt op ons skool se kalender waar leerlinge pryse wen vir onder andere die meisie met die mooiste bene, die trouman in die skool en ook glanspaartjies wat verseker gaan trou! Die hoogtepunt van die aand is wanneer die onderwysers hul verskyning op die verhoog maak met toekennings soos Die stylvolste juffrou en die Sportman van die Jaar.  Die saal het asemrowend gelyk en die atmosfeer was elektries met die aankondiging van elke prys.

Foto vanaf links: Tinica Grassman, Annelou van der Mescht, Zileke de Jager, Lynette Ittershagen-Strauss, Celeste LAtegan en  Engeri Fourie

Oorhandiging: Cara Leonard en Linda Lotter oorhandig die prys vir die mooiste meisie in Gr 8 aan Elize de Jager

Caryn Swartz, Cara Leonard,  Irene Kiewiets en  Charne Vorster

Meer Nuusberigte