Hoër Volkskool het die kwartaal goed afgesluit. Van ons leerlingraadslede het elkeen ‘n leiband saamgeneem na die DBV en met die honde daar gaan stap en bietjie met hulle gespeel. Die leerlinge kon nie uitgepraat raak oor hoe opgewonde die honde was oor die aandag wat hul gekry het nie!

Graag doen ons dan ‘n beroep op elke lid van ons gemeenskap om ‘n verskil te maak en een van die honde aan te neem. Hiermee wil ons vir Montego ook baie dankie sê vir die sak hondekos wat hul geskenk het wat die skool aan die DBV oorhandig het.

Foto:

Voor – Adriaan Marx en Luan Nel – Agter: Gary Junies, Jana Wagener, Wilke van Zyl, Lara du Plessis,  Stephan Lategan en  Heinz Bertram.  Heelagter Dougie de Klerk van die DBV.

Meer Nuusberigte