Hierdie naweek het Volkskool se hokkiespanne die veld betree teen Hoërskool Outeniqua. Hoewel die uitslae nie in ons guns getel het nie, het ons spanne dapper gespeel teen ’n sterk en ervare teenstander wat duidelik op ’n hoë vlak vuur maak.🏑
Die wedstryde het ons nie net uitdagings gebied nie, maar ook waardevolle ervaring en lesse vir die pad vorentoe.
’n Groot dankie aan Outeniqua vir hulle puik gasvryheid en sportmangees – dit was ’n voorreg om teen julle te speel!