📍 Matsieng, Lesotho | 28–30 November 2024

Erik Swanepoel, Gr. 11-leerder van Hoër Volkskool, het ’n ongelooflike 5de plek behaal uit 290 deelnemers in die Brons Afdeling van die internasionale Roof of Africa motorfietsresies!

Hy het die 3-dae roete van 127 km in ’n totale tyd van 8 uur 49-minute voltooi – ’n bewys van sy uithouvermoë, fiksheid en tegniek in van die mees uitmergelende terrein in die wêreld.

Dag-tellings:

• Dag 1: 27 km (Tydtoets)

• Dag 2: 80 km in 5 ure 20 minute

• Dag 3: 47 km in 3 ure 28 minute

🌍 Internasionale deelname van lande soos Finland, Australië, Botswana, Namibië en meer. ’n Ware toets van grit!

Let wel: Finale uitslae is vertraag weens ‘n ondersoek deur MSA rakende tydsberekening en klassifikasie van deelnemers.

Baie geluk, Erik – jy het jou plek tussen die wêreld se taaiste ryers verdien.

Meer Nuusberigte