Raptors gevegkuns het hul staal gewys by die Oos-Kaap MASA (Mixed Martial Arts South Africa) kampioenskappe op 10 Mei in Despatch – en ons is ongelooflik trots op die uitmuntende prestasies van ons leerders!

Drie van ons eie Hoër Volkskool-leerders het uitstekend gevaar en is gekies om die Oos-Kaap Provinsie te verteenwoordig by die Nasionale MASA Kampioenskappe op 14 & 15 Junie in Pretoria. Wat ’n ongelooflike eer!

Baie geluk aan:

🥈🥈Jean van Wyngaard – Silwer vir “Points” én Silwer vir “Continuous”

🥇🥇 Renaldo van der Westhuizen – Dubbel Goud vir “Points”

🥇🥇🥈 Reaglin Maarman – Goud vir “Points”, Goud vir “Grappling” en Silwer vir “MMA Light”

Ons wens julle alle sterkte toe vir die nasionale kompetisie – gaan wys vir Suid-Afrika wat Raptors regtig beteken!

Meer Nuusberigte