Hoër Volkskool het op Woensdag, 24 Januarie hul jaarlikse kleure atletiekbyeenkoms aangebied. Ondanks die karooson wat vir hoë temperature gesorg het, het dit geensins die Volksie-atlete terug gehou nie. Deelname aan dié geleentheid was ‘n rekord opsig self. Dit het met goeie gees en uitstekende prestasies gepaard gegaan, wat van die dag ‘n belewenis gemaak het.

Die volgende top prestasies en bekerwenners is na afloop van die geleentheid aangekondig.
Junior Victrix Ludorum: Alicia Louw
Junior Victor Ludorum: Pieter Nel
Senior Victrix Ludorum: Mikha Enslin
Senior Victor Ludorum: Hannes van der Merwe

Baie geluk aan die volgende atlete met hulle prestasies:

Beste baanatleet (meisies): Mienke Janse van Rensburg, D o.16 100m 14:50 s
Beste baanatleet (seuns): Ethan Davids, S o.19 11:45s
Vinnigste 100m (seuns): Ethan Davids
Beste veldatleet (meisies): Ilse Voster, D o.16 Gewigstoot 6.34 m
Beste veldatleet (seuns): Hannes van der Merwe, Verspring 5.98 m
Vinnigste 1 500 m (meisies): Alice du Toit, 6:33.86
Vinnigste 1 500 m (seuns): L’reese Stuurman, 4:53.32
Foto vlnr: Alice du Toit, Hannes van der Merwe, Ilse Vorster, Mienke Janse van

Meer Nuusberigte