U word hartlik uitgenooi na Volkskool se eerste Eeufeesviering vanjaar! Kom geniet ‘n deftige LANGTAFEL VIERING met heerlike kos, ons eie Eeufeeswyn en lekker geselskap.
Lees MeerBAIE GELUK aan Petroné Fourie wat as die Dux-leerling vir die 2021 akademiese jaar aangewys is. Petroné het die Rupert Prestasie Toekenning ontvang as gesamentlike TOP MATRIEK in Graaff-Reinet vir 2021. Sy deel hierdie prestasie met James Rose-Innes van UHS.Petroné, die jongste van drie Fourie-sussies het verlede jaar haar skoolloopbaan aan Hoër Volkskool voltooi. Dit…
Lees MeerGedurende 2020 het HVS se skuts aan ‘n deurlopende boogskietkompetisie deelgeneem, waarvan sommige byeenkomste virtueel was en ander byeenkomste wel aangebied is. Tydens die Nasionale Boogskietkompetisie wat in 2021 by Daniel Pienaar te Uitenhage gehou is, het Freddie van der Mescht en Annelie Pieterse deurgedring na die top 60 skuts in Suid-Afrika. Twee van HVS…
Lees MeerHoër Volkskool het die afgelope naweek ‘n offisiële tweekampbyeenkoms op ons sportgronde en swemfasiliteit aangebied. Daar was heelwat deelnemers wat van Port-Elizabeth af gery het om aan die byeenkoms in die Karoo, deel te neem. Twee van HVS se leerders is tydens die byeenkoms in die OP spanne opgeneem: Hannes van der Merwe Seuns 0.15A…
Lees MeerMarlien Crewe-Brown en Izak Hattingh het die afgelope vakansie aan ‘n A-groep gala te Port-Elizabeth deelgeneem. Beide leerders het aan die ope-afdeling deelgeneem en goed gevaar. Marlien het twee brons medaljes verower deur derde in die 200m borsslag en die 50m borsslag te eindig. Sy was ook vierde in die 100m borsslag en sesde in…
Lees MeerVrydag die 21ste Januarie het gesorg vir groot opgewondenheid met die bekendstelling van die Matriek 2021 finale uitslae. Hoër Volkskool Graaff-Reinet spog met 38 Vak A’s, 65% leerders wat kwalifiseer vir Baccalaureus grade en 28% leerders wat kwalifiseer vir Diplomas. Ons algehele slaagsyfer is 98.3% Ons Top 10: BAIE GELUK aan al die matrikulante van…
Lees MeerDie Departement van Onderwys bied elke jaar ‘n jeugkamp aan en kies slegs ‘n paar skole om daaraan deel te neem. Ag van Hoër Volkskool se leerders het verlede week die voorreg gehad om vanjaar se jeugkamp te Jeffreysbaai by te woon. Venonique de Pearce vertel: Die jeugkamp het van 4 tot 10 Desember 2021…
Lees MeerVolkskool het 2 splinternuwe bussies oppad te danke aan ‘n ongelooflike borg. Dit bring die totaal van ons mini-busse na 4 wat ons in staat stel om busdienste aan koshuiskinders van omliggende dorpe te voorsien.
Lees MeerOp Sondag 14 November 2021, het die St James Kerk te Graaff-Reinet ‘n diens gehou ter herinnering aan soldate wat in die wêreldoorloë gesterf het. Hoër Volkskool se hoofleiers, Ruan Deysel en Chloé Stannard het die kranslegging by die St James Kerk bygewoon.
Lees Meer