Gedurende 2020 het HVS se skuts aan ‘n deurlopende boogskietkompetisie deelgeneem, waarvan sommige byeenkomste virtueel was en ander byeenkomste wel aangebied is. Tydens die Nasionale Boogskietkompetisie wat in 2021 by Daniel Pienaar te Uitenhage gehou is, het Freddie van der Mescht en Annelie Pieterse deurgedring na die top 60 skuts in Suid-Afrika.

Twee van HVS se boogskietafrigters, Mnr. Beyers Cronje en sy vrou, Carol, is ook ingesluit in die groep van die top 60 skuts. Die skuts neem op 12 Februarie aan ‘n kompetisie te Uitenhage deel om te kwalifiseer vir die Nasionale Span.

Meer Nuusberigte