Marlien Crewe-Brown en Izak Hattingh het die afgelope vakansie aan ‘n A-groep gala te Port-Elizabeth deelgeneem. Beide leerders het aan die ope-afdeling deelgeneem en goed gevaar.

Marlien het twee brons medaljes verower deur derde in die 200m borsslag en die 50m borsslag te eindig. Sy was ook vierde in die 100m borsslag en sesde in die 200m Individuele wisselslag.Izak was sesde in die 50m vlinderslag en sewende in beide die 100m en 200m vryslag. Hy was tiende in die 200m individuele wisselslag.Marlien is gekies om die OP by die Interprovinsiale gale te Oudtshoorn in borsslag te verteenwoordig.

Albei hierdie swemmers het vir die NMBA Swemkampioenskappe wat in Desember aangebied word, gekwalifiseer.

Meer Nuusberigte