Sewe’s Rugby

Baie geluk aan die HVS Sewe’s rugbyspan wat die Plaat kompetisie gewen het tydens die Sewe’s rugbytoernooi op Burgersdorp. Hul eerste wedstryd het hulle verloor met 12 – 7 teen Burgersdorp.  Daarna het hulle Landboudal gewen met 33 – 0 en ook hul derde wedstryd teen Dordrecht gewen met 26 – 7. Foto; Agter: Ruben…

Lees Meer

Senior Leerlingraad 2019

Die senior leerlingraad vir die jaar 2019 is aangewys. Baie geluk aan die volgende leerlinge: Agter: Jaydee Jooste, Llewellyn Crewe-Brown, Chris Burger, Marichen Piek, Jaco Gouws, Dieter Bertram, Ashley Arnolds en Emile Bosch. Voor: Inge van Rooyen, Casey Du Toit, Caryn Swartz, Megan Nel, Devenito Grootboom, Caitlin du Preez, Liezel Nel en Labre Oosthuizen.

Lees Meer

Swem

Rianco Vermeulen,’n graad 11 leerling aan Hoër Volkskool, is aangewys as die top OP Swemmer van die Jaar in die 16 jaar ouderdomsgroep vir seuns by A groep gala’s. Hierdie toekenning is gemaak by die NMBA jaarlikse prysuitdeling in Port-Elizabeth.

Lees Meer

WOW Spelfees

Tien leerlinge van Hoër Volkskool het op 1 September 2018 deelgeneem aan die Wow-spelfees se semi-finale in Port-Elizabeth. Annika Fitzgerald het haar uitstekend van haar taak gekwyt en eindig in die derde posisie van al die graad 9’s. Op 20 Oktober neem sy aan die finale rondte deel in Stellenbosch.

Lees Meer

Intermatriek

Elke jaar bied Hoër Volkskool ‘n Intermatriektoernooi aan waar die gr 12 leerlinge in spanne teen mekaar meeding op die hokkie-, rugby- en sokkerveld, asook op die netbalbaan. Hierdie toernooi vind plaas oor ‘n tydperk van 4 weke waar spanne kans kry om hul staal op verskillende gebiede te wys. Hierdie jaar is die trotse…

Lees Meer

ATKV – Jeugtak Volksmond bederf hul onnies tydens ‘n Onniedoor

Op 25 Julie 2018 het die leerders van Hoër Volkskool, Graaff – Reinet, se ATKV – Jeugtak Volksmond die onderwysers uitgedaag om ‘n kookkompetisie te hou.  Goeie gees het onder die spanne geheers.  Die voorstitter, Annelou van der Mescht, ondervoorsitter, Justin Gafoor, oudonderwyseres, Mev. Mariëtte Olivier en Gertjan Holtzhausen, streeksbestuurder van Bloemfontein het die moeilike…

Lees Meer

Landsdiens – KAREEDOUW HIER KOM ONS!

‘n Opgewonde groep van 14 Hoër Volkskool Landsdienslede het op 25 Junie 2018 vertrek na Kareedouw vir die jaarlikse provinsiale kamp.  Daar gekom is die deelnemers in groepe verdeel en is daar op ‘n prettige manier kennis gemaak met mede spanlede. Daar is verskeie uitstappies onderneem.  Die Tsitsikamma Crystal Water aanleg is besoek, ‘n reuse…

Lees Meer

HVS vs Gill College

Die afgelope naweek het Hoër Volkskool se netbal hul jaarlikse interskole teen Gill College gehad. Hierdie geleentheid word vir die afgelope vyf jaar aangebied. Daar is twee bekers op die spel, naamlik die algehele wenners van die dag, en die eerste span wisseltrofee. Hoër Volkskool het as verdedigende kampioene vir Gill die stryd aangesê. Die…

Lees Meer