Op 25 Julie 2018 het die leerders van Hoër Volkskool, Graaff – Reinet, se ATKV – Jeugtak Volksmond die onderwysers uitgedaag om ‘n kookkompetisie te hou.  Goeie gees het onder die spanne geheers.  Die voorstitter, Annelou van der Mescht, ondervoorsitter, Justin Gafoor, oudonderwyseres, Mev. Mariëtte Olivier en Gertjan Holtzhausen, streeksbestuurder van Bloemfontein het die moeilike taak gehad om die wenspan aan te wys.  Die wenspan was Paula Zandberg, Suliza van Wyk, Wynand Volschenk en Louis van der Walt.  Na die kompetisie het die personeel heerlik gesmul aan die geregte.  Ook die ATKV – lede het terwyl hulle die kookmanewales van die personeel aanskou het, hul eie kompetisie gehou: die versiering van kolwyntjies.  Ben van der Merwe is as die wenner gekroon.

Hiermee bedank die Volksmond die ATKV as borg wat bygedra het tot die sukses en genot van die aand.

Die wenspan was die Gryffendorspan, met Halloween as tema. Van links na regs is Me. Paula Wessels, Mnr Wynand Volschenk, Me. Suliza van Wyk en Mnr Louis van der Walt

 

Meer Nuusberigte