Elke jaar bied Hoër Volkskool ‘n Intermatriektoernooi aan waar die gr 12 leerlinge in spanne teen mekaar meeding op die hokkie-, rugby- en sokkerveld, asook op die netbalbaan. Hierdie toernooi vind plaas oor ‘n tydperk van 4 weke waar spanne kans kry om hul staal op verskillende gebiede te wys. Hierdie jaar is die trotse wenners van die gesogte beker die “Incredibles”.

Agter: Chloe Gerber, Gideon Muller,  Gary Junies en Irene Kiewiets.

Voor: Stephan Lategan,  Danita van der Merwe, Jana Lategan en Jamie Webster.

Meer Nuusberigte