Die afgelope naweek het Hoër Volkskool se netbal hul jaarlikse interskole teen Gill College gehad. Hierdie geleentheid word vir die afgelope vyf jaar aangebied. Daar is twee bekers op die spel, naamlik die algehele wenners van die dag, en die eerste span wisseltrofee. Hoër Volkskool het as verdedigende kampioene vir Gill die stryd aangesê.

Die tellings wat bepaal het wie die span beker kry, is as volg:

0.14A: 16 – 20

0.14B:9-7

0.16A: 26 – 7

0.16 B: 17 – 7

en die tweedes wen 20 – 4.

Die eerste span het met hoë verwagting van die skare op die baan gegaan. Na die verwelkomingseremoniehet die eerste fluitjie geblaas. Die span het met die eerste afgooi so rukkie gevat om hulself te kalmeer voor die eerste doel in ons guns gesink het. vandaar af het die meisies hul ritme gekry en een doel na die ander is gesink. na die tweede kwart het ons 32 – 0 voorgeloop. Vroeg in die derde kwart het ons begin doele afstaan, maar nie genoeg om regtig ‘n  impak op die telling  te hê nie. aan die einde van die wedstryd het ‘n  paar emosionele spelers, afrigters en ouers trots gejuig oor die telling van 40 – 2.

Op die foto is die span met hul trofee.

Lara du Plessis (kaptein) Irene Kiewiets (OK) Linda Lotter,  MarichenPiek, Jonay Koopman,  Maryna Nell,  Caryn Swartz, Lykita Koeberg Dehana van der Merwe  en Zelmiri Louw

Die skole het op die hokkieveld ook kragte gemeet. Hoër Volkskool se eerste span wen 5 – 0 en die derde span wen 1 – 0 teen Gill se tweede span.

Op die rugbyveld het dit bietjie swaarder gegaan.

Die 0.14 verloor 39 – 14, maar het ‘n ongelooflike goeie wedstryd gehad.

0.15 12 – 12

0.16 40 – 10

tweedes 0 – 10

eerstes 28 – 31

Meer Nuusberigte