Saterdag die 3rde Februarie was die jaarlikse Highgate Interprovinsiale Tweekamp kompetisie te Oudtshoorn.

Hierdie Interprovinsiale byeenkoms is die tweede grootste in die land, met net die Suid Afrikaanse kampioenskappe wat meer atlete trek.

521 top atlete het hul provinsies verteenwoordig op beide die tartan baan en die Olimpiese swembad. Die OPspan was baie kompeterend en het pro rata die meeste medaljes en top 10 plekke verower.

Een van die jongste deelnemers was Mia Botha van Laer Volkskool wat in die o.8 ouderdomsgroep deelgeneem het. Dit was haar eerste Interprovinsiale deelname en sy het die opwinding en kompetisie baie geniet. Die ondervinding wat sy opgedoen het sal haar beslis help om volgende keer nog beter te presteer. Sy het 16de geëindig en het veral mooi gehardloop.

Vir al drie die Crewe-Brown’s van Hoër Volkskool was dit die vierde Highgate kompetiesie wat hulle aan deelgeneem het. Marlien Crewe-Brown het as die beste OP o.15 atleet geëindig en was algeheel 12de.

Llewellyn Crewe-Brown het in die mans o.17 deelgeneem en het 8ste klaar gemaak. Hy het in beide die hardloop sowel as die swem sy persoonlike beste tweekamp tye opgestel.

Lizandri Crewe-Brown het die besonderse eer gehad om as die OP span kaptein op te tree. Sy het ook as o.19 atleet deelgeneem en was 5de algeheel.

Al die Volksoolatlete het meer as 2000 punte behaal wat hulle kwalifisser vir SA’s later vanjaar.

Die volgende Tweekamp is die OP kampioenskappe in Port Elizabeth en ons vertrou dat hierdie viermanskp ons skool se naam daar ook hoog sal hou.”

Foto: “Vier Volkskoolatlete by die Oudtshoorn swembad. Llewellyn en Marlien Crewe-Brown, Mia Botha en span Kapteine Lizandri Crewe-Brown”

Meer Nuusberigte