Me. Sunet Gildenhuys en die HVS graad 12 Verbruikerstudieleerders, was baie bevoorreg om gister op ‘n uitstappie na Niblitz by Profcon Resort te gaan. Oud-Volksie, mev. Bethmaree Botha het vir hulle verduidelik en gedemonstreer hoe om met gelatien te werk en elke leerder kon help om lekker sjokolade mouse en ‘n kaaskoekie te maak en te versier. Die Graad 12’s het hulle gate uit geniet en elkeen kon met ‘n lekker bederfie huis toe gaan.
HVS wil net baie dankie sê vir mev. Botha vir n heerlike oggend van leer en skep en kreatief wees!