Boogskietkompetisie

Die tweede boogskietkompetisie was sommer kort op ons hakke van die eerste. Op Uitenhage is daar meegeding in twee ‘Bull’s Eye’ kompetisies. Twee wedstryde is geskiet tussen Hoër Volkskool, HTS Daniel Pienaar, Soulpoint, Van Kerwel skool (George) en Kwaggaklub. In die eerste ‘Bull’s Eye’ kompetisie verwerf die volgende skuts medaljes: Hoërskole Dogters afdeling: Hoërskole Seuns…

Lees Meer

HVS BESOEK HUIS VAN DE GRAAFF

Hoër Volkskool se ATKV-leerders het vir twee agtereenvolgende Donderdae ‘n draai by Huis van de Graaff gemaak.Op 20 Februarie is daar saam gesing en gediggies voorgedra.Op 27 Februarie het die leerders saam met die inwoners Bingo gespeel.Die interaksie was betekenisvol vir beide die inwoners en die leerders en natuurlik is stories uit die verlede met…

Lees Meer

Hokkie

Maandag, 3 Maart, was die nuwe wedstryddrag aan ons hokkie se eerstespan oorhandig. Dankie aan elke borg wat ‘n bydra gemaak het. Die dogters gaan dit met trots in elke wedstryd dra. Die dogters speel hulle eerste ‘Open Weekend’-proewe die naweek. Baie sterkte! Ons borge vir 2025/26 is: Suzuki Graaff-Reinet Graaff-Reinet Hardware & Building Supplies…

Lees Meer

Gill Sportdag Sportuitslae

Hierdie afgelope naweek het die Volksies aan die Gill Sportdag in Somerset-Oos gaan deelneem. Hierdie toernooi bring verskillende skole bymekaar.Volksies se uitslae vir die toernooi is as volg: Rugby:o.14A speel teen WG Olivier en verloor 5 – 22.o.15A speel teen Aeroville Sekondêre Skool en wen 22 – 0.o.16A speel teen Andrew Rabie en verloor 0…

Lees Meer

Tennis

HVS vs HOËRSKOOL KIRKWOOD Hoër Volkskool se tennisspelers het op Woensdag, 26 Februarie 2025, teen Hoërskool Kirkwood kragte gemeet. Daar was heeldag ‘n bedreidiging van misreën maar ten spyte van ligte reën, kon spel steeds voortgaan. Uitslae is as volg:Dubbelspel: Seuns speel gelyk 2- 2Dogters wen gemaklik 4 – 0Gemengde dubbelspel eindig 4 – 0…

Lees Meer

Boogskiet

Na lekker reën op Vrydag was dit ‘n pragtige Karoo Saterdag, 22 Februarie, wat ons vir die eerste boogskiet kompetisies van 2025 gegroet het. Twee wedstryde het tussen Hoër Volkskool, HTS Daniel Pienaar en Kwagga klub plaasgevind. In die Bullseye-kompetisie verwerf die volgende skuts medaljes. Hoërskole Dogters-afdeling: Mikha Enslin: Silwer 271/300 Danel de Koker: Brons…

Lees Meer

Nasionale Melktertdag

Op Donderdag, 27 Februarie het die ATKV Volksmond-tak by Hoër Volkskool ons erfenis gevier, deur melktert kolwyntjies ter viering van Melktertdag te verkoop. Almal het heerlik aan hulle soetigheid gesmul en sien alweer uit na die volgende keer. Hier is dit lekker!

Lees Meer

Hokkie

Verlede Donderdag se hokkie oefening het vir groot opwinding gesorg, toe die o.16-span teen die eerste span geoefen het. Spelers moes volgens ‘n tema by die astro hokkieveld opdaag. Die opdrag was dat almal met ‘n hoed moes aanmeld, maar die hoed mag nie ‘n hoed wees nie!Heelpartye spelers het met interessante “hoede” opgedaag. HVS…

Lees Meer

Uithourit

Lehan de Beer oorwin 80km uithourit en voltooi “Novice”-afdeling. Op Saterdag, 22 Februarie, het Hoër Volkskool se graad 11-leerder, Lehan De Beer, weereens sy deursettingsvermoë en vaardigheid ten toon gestel, toe hy aan ‘n veeleisende uithourit deelgeneem het. Lehan het die 80 kilometer roete, wat op die Waterlea-plaas in die Hofmeyr-distrik gehou is, suksesvol voltooi.…

Lees Meer