Huiskomitee 2025

Huis Cronjé se jaarlikse koshuisafskeid het op Donderdag, 3 Oktober 2024 plaasgevind. Die eetsaal se dekor het bygedra tot die feestelike atmosfeer. Tydens dié geleentheid word die koshuiskomitee vir die komende jaar aangewys. Baie geluk aan Huis Cronjé se huiskomitee vir 2025: Hoofdogter: Carla van TonderHoofseun: Chris de WetOnderhoofdogter: Saré ViljoenOnderhoofseun: Joshua du Toit Dogters:…

Lees Meer

Matriekafskeid

Matriekafskeid is ‘n hoogtepunt in elke matrikulant se skooljaar. Donderdagaand was geen uitsondering vir die matriekklas van 2024 nie.Die glansgeleentheid met die tema THE MET GALA was by Profcon aangebied. Paartjies met pragtige aandrokke en stylvolle pakke het deur die tuin op ‘n rooitapyt verby gestap, sodat toeskouers en ouers kon deel in hul spesiale…

Lees Meer

Swem

Kate-Lynn Kruger het die afgelope naweek aan die derde A-liga swemgala te Port Elizabeth deelgeneem.Sy het persoonlike beste tye in 5 van die 6 items waaraan sy deelgeneem het, behaal.Kate-Lynn het die volgende plekke behaal:EERSTE50m rugslag,100m en 200m borsslagTWEEDE100m vryslag200m individuele wisselslagDERDE100m rugslagBaie geluk met hierdie goeie prestasies, Kate-Lynn.

Lees Meer

Leerlingraad

Na afloop van die leerlingraadsverkiesing verlede week, het die nuwe senior leerlingraadslede ‘n leiers- en beplanningskamp bygewoon. Hierdie kamp het te Skietfontein, Somerset-Oos plaasgevind. Hul het vier dae in die vars karoolug spandeer en ‘n hele paar uitdagings as ‘n span voltooi en vrese oorwin! Die span het goeie herinneringe gemaak en baie van hulself…

Lees Meer

ATKV Uitreik

‘n Groep van Hoër Volkskool se ATKV-leerders het op 21 Augustus 2024 na GRAWS uitgereik en hondekos en kombersies geneem om ‘n helpende hand na ons nabye gemeenskap uit te strek. Dit was ‘n baie goeie ervaring vir almal en sommige leerders wil graag weer in die toekoms by GRAWS gaan hand by sit.

Lees Meer

Wasserman Toernooi

Hoër Volkskool se tennisspelers het op 23 en 24 Augustus 2024 aan die Wasserman Toernooi te Middelburg deelgeneem. Twee spelers moes ongelukkig op kort kennisgewing weens erge griepsimptome onttrek, met die gevolg dat sommige spelers heelwat meer wedstryde moes speel.Beide Volkskool-spanne het in dubbelspel en gemengde dubbelspel wedstryde teen De Aar, Kingswood, Cradock, Middelburg en…

Lees Meer

Gevegkuns

Op 24 Augustus 2024 het die Raptors Martial Arts Klub in Graaff-Reinet hul jaarlikse gradering gehou.Die volgende deelnemers het gradeer na die volgende belt:Jean Ernest van Wyngaard – Oranje 2Mikha Enslin – Groen 1Reaglin Maarman – Groen 2Gert Theron – Oranje 2Leshandre – Roman Oranje 1Renaldo van der Westhuizen – Groen 1Phillip le Roux –…

Lees Meer