Kankerbewusmaking

Oktober is Kankerbewusmakingsmaand. Hoër Volkskool het hierdie jaar weer baie moeite gedoen om mense in en om ons gemeenskap meer bewus te maak van die siekte. Die leerders kon gedurende die maand pienk linte en haarrekkies by hul skoolklere dra. Die seuns kon hul swart skoeneveters met pienk veters vervang en hul was meer as…

Lees Meer

Ruiterkuns

Tiaan en Marli Fourie, albei leerlinge van Hoër Volkskool, het aan die Somerset-Oos Landbouskou deelgeneem. Hulle het hulself uitstekend van hul taak gekwyt. Hul behaal die volgende prestasies: Tiaan Fourie 1ste SASH kinder Parkperd Ruiter 18 jaar en onder2de SASH kinder Parkperd Kampioenskap Marli Fourie 1ste in 5 gang Ruiterkuns Ruiters 14 jaar en onder.Baie…

Lees Meer

Erekleure

Die volgende leerlinge het erekleure ontvang vir hul uitstaande prestasies wat hulle in verskeie afdelings behaal het. Mia Prinsloo verdien erekleure vir kultuur Mikha Enslin vir kultuur Ilze Vorster vir kultuur Saré Viljoen vir leierskap. Baie geluk!

Lees Meer

Hoofleiers

Tydens die afgelope prysuitdeling van Hoër Volkskool, is die volgende leerlingraadslede as hoofleiers aangekondig: Saré Viljoen – hoofdogter, Rikus Kleyn – hoofseun, Chris de Wet – onderhoofseun en Anna-May Hayes – onderhoofdogter. Ons is baie trots op hierdie leiers en glo dat hulle ‘n baie suksesvolle termyn sal hê.

Lees Meer

JOL vir kanker

Kom neem aan ons POTJIEKOS KOMPETISIE deel!! Voorbereiding vir die potjie kan vooraf gedoen word. Daar sal kole vanaf 14:00 by die Volksie wees. Bring jou eie pot as jy het en genoeg in die pot vir so 10 tot 15 mense. Rys en stampmielies sal klaar gaar wees. Etekaartjies vir die potjiekos gaan verkoop…

Lees Meer

Rugby Speler blink uit

AJ de Jager is vroeër vanjaar by die Bokkieweek se o.19 rugbyspan ingesluit wat tydens die Septembervakansie na Romenië getoer het. Hy is as die onderkaptein van die span aangewys.In Brasov het die span hulle eerste wedstryd teen Cristain gespeel en die wedstryd oortuigend 101 – 5 gewen. AJ was as die Speler van dié…

Lees Meer

Gholf

Johndré Ludick het die Dimension Data Seuns o.19 Kompetisie deelgeneem. Die kompetisie het te George, in die Wes-Kaap plaasgevind. Hy het tellings van 66 by die George Gholfklub, 74 by Kingswood Gholfklub en weer 70 by George Gholfklub behaal, met ‘n totaal van -6. Dit is ‘n baie goeie telling! Baie geluk, Johndré!

Lees Meer

Krieket

Die o.15 krieketspan Gill College (Somerset-Oos) het op ons tuisveld teen HVS se o.15-span kragte gemeet. Die kaptein van Gill College het die loot gewen en besluit om eerste te kolf. Die besoekers kon slegs 68 lopies aanteken.Die kolwers van HVS het goed gevaar en die beste kolwer op die dag was AW Lambrechts wat…

Lees Meer

Volkskool gee om

Op 16 Oktober was die personeel van SANBS by die Volksie. Soos elke keer tydens hulle besoek, het baie van HVS se leerders en personeel gaan bloed skenk, om so ‘n groot verskil in mense se lewens te maak.Baie dankie aan elkeen wat keer op keer die SANBS ondersteun.

Lees Meer