Donderdag, 16 Oktober het Huis Cronjé saam teruggekyk op ’n jaar vol gees, groei en mooi herinneringe. Dit was ’n spesiale geleentheid waar ons met trots van ons matrieks afskeid geneem het — leerders wat deur hul betrokkenheid en lojaliteit ’n blywende merk op die huis gelaat het.

Tydens die aand is die nuwe Huiskomitee vir 2026 aangekondig. Baie geluk aan Inke-Lirie Ferreira, Gaby Hall, Mienke Janse van Rensburg, Leone Lategan, Cara Nel, Pieter Nel, Aiden Thiart, Hannes van der Merwe, Matthews van der Merwe en Louwen Wolfaart.

Die nuwe hoofleiers van Huis Cronjé sal Maandagaand, 20 Oktober, tydens die jaarlikse prysuitdeling amptelik aangekondig word.

Sterkte aan die nuwe HK — mag julle met trots dien en die Huis Cronjé-gees helder laat skyn!

Meer Nuusberigte