Die matrieks van 2025 is op gepaste wyse gegroet tydens ’n waardige afskeidseremonie. ’n Oggend vol dankbaarheid, trots en mooi herinneringe aan hul tyd by Volkskool.

Dominee C. Rossouw het die leerders herinner om met doelgerigtheid te leef, om altyd iets te hê waarvoor hulle werk, en iets waarin hulle glo. Sy boodskap het diep weerklank gevind by ’n groep jong volwassenes wat nou hul volgende hoofstuk begin skryf.

Oudskolier Oom Don van Wyk van die klas van 1970 het die oggend besonders gemaak met sy woorde van wysheid en trots. Hy het die Volkskool- en Union se skool leuse saamgevat in ’n betekenisvolle boodskap:

“Ons sal handhaaf deur Waarheid,Getrouheid en Geregtigheid”.

Met dié woorde is die matrieks van 2025 uitgestuur — met die wete dat hulle altyd deel van die Volkskoolfamilie sal bly.

Meer Nuusberigte