Die top tien graad 12-leerders na afloop van die September-eksamen is onlangs bederf met ’n aandete by die stylvolle Drostdy Hotel – ’n besondere beloning vir hul uitstekende uitslae en harde werk deur die jaar.

Hierdie aand was nie net ‘n viering van prestasie nie, maar ook ‘n herinnering dat toewyding en deursettingsvermoë altyd vrugte afwerp. Dit dien terselfdertyd as inspirasie vir elke leerder om met fokus en selfvertroue na die eindeksamen te kyk, wetende dat Volkskool trots agter hulle staan.

Meer Nuusberigte