Vrydag, 17 Oktober, het Volkskool met trots nie net deelgeneem nie, maar ook gehelp by die opwindende Tri the Karoo ‘Colour run’! Ons leerders het vol energie en gees saamgewerk en bewys weer eens hoe saamhorig en toegewyd ons Volkskool-familie is.

’n Groot dankie aan die organiseerder van Tri the Karoo vir die wonderlike geleentheid om deel te wees van so ’n kleurvolle en inspirerende dag. Julle het vir ons die kans gegee om nie net saam te geniet nie, maar ook iets terug te gee aan die gemeenskap.

Meer Nuusberigte