By die afsluiting van Volkskool se eerste Hokkie besigheidsliga is daar nie net prestasies gevier nie, maar ook heerlik gelag oor die unieke pryse wat toegeken is. Dié toekennings het vir groot vermaak gesorg en die gees van samehorigheid perfek vasgevang.
Braafste speler – Marco Jooste
Marco het die een week in doelwagtersklere geklim – vir elke bal gegaan en nooit teruggestaan nie!
Bumper Car – JJ Jansen
Vir sy entoesiastiese styl en die onverwagte botsings.
Diepseeduiker – Johan Viljoen
Vir sy indrukwekkende duike en reddings op die veld – altyd bereid om vir sy span te val, letterlik én figuurlik.
Pionier – Lynne Roach
’n Speler met ervaring, gees en ’n liefde vir die spel wat haar span telkens geïnspireer het.
Uit sy skoene – Bernardt Beukes
Bernardt se skoene het reeds in die eerste wedstryd hul laaste asem uitgeblaas.
’n Groot dankie aan Elsona wat dié pryse geborg het. Jou betrokkenheid en ondersteuning bring warmte en humor na die veld – dit word opreg waardeer.
Met só baie gees, lag en samewerking is dit duidelik: hierdie eerste Hokkie-besigheidsliga was net die begin van iets besonders.






