Mnr. en Mej. Volkskool se Top 3 seuns en dogters het vandag ’n onvergeetlike uitstappie na Samara beleef – ’n dag vol avontuur, lag en opwinding.

Binne die eerste dertig minute het die groep hul eerste ontmoeting met die olifante gehad. Hulle het rustig deur die veld gewei, en die groep kon ’n rukkie by hulle stilgebly en kon hulle bewonder. Toe ons verder beweeg, het een olifant geskrik en nader gekom, net genoeg om almal se harte vinniger te laat klop.

Kort daarna het die jagluiperd onder ’n bos gelê, so kalm dat die groep tot by hulle kon stap en hulle van naby kon bewonder. Dis amper onwerklik om so naby aan hierdie pragtige diere te wees.

Die laaste, groot ontmoeting van die dag was met ’n leeuwyfie wat in die pad verskyn het en toe rustig onder ’n bos gaan lê het. Die groep het ’n ruk lank daar gesit en haar bewonder. Toe die motor aangeskakel word, het sy geskrik en vinnig opgespring – net genoeg om almal weer bewus te maak van haar teenwoordigheid.

Na al die opwinding is die groep bederf met ’n heerlike middagete, ’n perfekte afsluiting van ’n dag vol herinneringe.

Die uitstappie wat ‘n welverdiende beloning vir die Top 3, en beslis ‘n belewenis wat niemand gou sal vergeet nie.

’n Groot dankie aan Samara Karoo Reserve vir hierdie wonderlike prys en vir ’n onvergeetlike dag vol avontuur en belewenisse!

Meer Nuusberigte