Gisteraand is die eerste Hokkie besigheidsliga met groot opgewondenheid afgesluit – en wát ’n begin vir Volkskool en die dorp! Ná weke van spanpoging, sportmangees en heerlike samekoms het Light’s Out as die wenners van 2025 uit die stryd getree.

Die atmosfeer was aansteeklik – met gelag, aanmoediging van die kantlyn af en die besondere gemeenskapsgees. Hierdie liga het gewys hoe sport mense saamsnoer: oud en jonk, oudskoliere, ouers en vriende – almal deel van een trotse gemeenskap.

‘n Groot dankie aan elke span, ondersteuner en plaaslike besigheid wat hierdie eerste jaar gemaak het. Julle betrokkenheid het die afskop van ‘n nuwe tradisie iets besonder gemaak.

Met só ’n begin kan almal nou reeds regstaan vir volgende jaar se Hokkie besigheidsliga – dit beloof om nóg groter en beter te wees!

Meer Nuusberigte