Volkskool is besonder trots op Kate-Lynn Kruger, wat die uitsonderlike geleentheid gekry het om aan die Tuks Swemkamp 2026 deel te neem onder leiding van die Olimpiese afrigter Rocco Meiring by die Universiteit van Pretoria se Hoëprestasie-sentrum.
Kate-Lynn ontvang hierdie eer te danke aan haar SANJ-kwalifikasie vir 2026 – ’n prestasie wat getuig van harde werk, deursettingsvermoë en ware toewyding in die swembad. Tydens die kamp sal sy saam met van Suid-Afrika se top swemmers oefen in ’n wêreldklasfasiliteit en waardevolle ervaring opdoen.
Volkskool wens Kate-Lynn alles van die beste toe – ons weet sy gaan haar skool met trots verteenwoordig!

