Op Saterdag 1 November het Volkskool se personeel ’n welverdiende blaaskans by die pragtige Samara Karoo Reserve geniet. ’n Dag om asem te haal, saam te lag en net weer mens te wees.
Die veld se stilte en oop ruimtes het vir almal ’n gevoel van vrede gebring tydens ’n ontspannende wildrit, waar die skoonheid van die Karoo ons telkens laat besef het hoe bevoorreg ons is. Daarna het ’n besondere bederf gewag – ’n middagete in die koel stroomwater, met voete in die sand en goeie geselskap om die tafel.
Dit was ‘n dag van samehorigheid en dankbaarheid – die perfekte hupstoot vir die laaste deel van die jaar se roetine.










