Vandag het die matriekklas van 2025 hul laaste bladsy by Volkskool omgeslaan. Trane is gestort, herinneringe gedeel en drukkies gegee wat meer sê as enige woorde kon.

Dit was ’n dag vol trots, dankbaarheid en die besef dat elke stap in die gange, elke glimlag en elke uitdaging deel was van iets groter — deel van die Volkskoolverhaal.

Terwyl hierdie groep nou hul volgende hoofstuk aanpak, dra hulle iets van Volkskool saam: die gees van saamstaan, deurdruk en handhaaf.

Vandag groet ons – met trane, trots en dankbaarheid.

Meer Nuusberigte