Vandag het die matrieks van Volkskool hul laaste tradisionele skooldag gevier, en dit was beslis ’n dag om nie te vergeet nie.
Tradisioneel is dit rokke vir die meisies en broeke vir die seuns… maar vandag het die rolle omgedraai! Die seuns het trots hul skoolrokke aangetrek en die meisies het die broeke met oortuiging gedra.
Die laaste dag het vir almal ’n glimlag op die gesig gesorg en bewys dat die einde van ’n hoofstuk dikwels die begin van die mooiste herinneringe is.




