Woensdag, 15 Oktober, was dit Lentebal. ’n Aand vol styl, musiek en heerlike saamwees. Die skool het vir een aand in ’n dansvloer verander waar vasdans en losdans sorg vir lag, energie en onvergeetlike oomblikke.
Van begin tot einde was die gees lig en vrolik, almal het saam gedans en die jaar op die mooiste manier afgesluit voordat die eksamenstres begin.
‘n Aand om te onthou, en ‘n herinnering dat Volksies altyd tyd maak om te glimlag, selfs voor die boeke roep.









