Met die einde van nog ’n skooljaar wat vinnig nader kom, het die 2026-kringleiers die afgelope naweek hul kamp saam met die belydenisgroep van die NG Gemeente Graaff-Reinet gehou. Op die kamp is 2026 se aktiwiteite deeglik beplan en saam in geloof oorweeg.

Die naweek is by die pragtige Camdeboo Nasionale Park aangebied, waar verskeie temas bespreek is, inspirerende video’s gekyk is en daar tyd gemaak is vir stilte en nadenke in die natuur. Elke jongmens het die geleentheid gehad om geestelik te groei en toegerus te word vir hul groot en verantwoordelike taak as jong gelowiges — om die Woord met oorgawe te verkondig.

Volkskool sê opreg dankie aan ds. Johann Ekkard, tannie Ingrid Boshoff en oom Alfred Stannard vir hul leiding, omgee en die besondere wyse waarop hulle hierdie kamp tot ’n betekenisvolle ervaring vir elke deelnemer gemaak het.

Meer Nuusberigte