Volkskool se hokkie- en netbalspanne het hierdie naweek met trots aan Burgersdorp se Somerfees deelgeneem, waar beide sportsoorte in die Fats 5 Formaat gespeel is.
By die hokkie het Volkskool Lightning (wit span) uitstekende spel getoon en die eerste plek verower ná ’n reeks oorwinnings teen Hangklip en Burgersdorp. Volkskool Thunder (swart span) het sterk deurgedruk tot in die semi-finaal, waar hulle met groot gees en deursettingsvermoë gespeel het.
Ons netbalspan het ook puik vertoon en met entoesiasme deur die wedstryde beweeg om hul plek in die finaal te verdien. Al het hulle daar net kort gekom, was die gees en samehorigheid iets besonders.
Izienne Pienaar is aangewys as Speler van die Dag vir haar uitmuntende spel. ’n Spesiale woord van erkenning aan Elné Viljoen, ons doelwagter, wat ongelukkig beseer is en daarom nie op die foto’s verskyn nie — maar steeds deel van die span se trots en sukses bly.
Volksies het weer gewys: of dit op die veld of aan die kantlyn is, ons speel met gees, glimlagte en ware maroen, swart en wit trots!




