By Volkskool se jaarlikse prysuitdeling op Maandag, 20 Oktober, is die fokus geplaas op harde werk, toewyding en trots in die klaskamer. Hierdie aand was ’n ware viering van deursettingsvermoë en prestasie – waardes wat diep in Volkskool se kern lê.
Sar Viljoen het ‘n eerste klasposisie behaal met ‘n gemiddeld van 78,3%. Sy ontvang Erekleure vir Akademie: Graad 11 en 12, asook die volgende toekennings:
– Afrikaans Huistaal
– English First Additional Language
– Lewenswetenskap (Beste) – Tersius Dippenaar-beker
– Toerisme (Beste) – Hennie en Amanda van Rooyen-trofee
– Lewensoriëntering (Beste) – Theron-familie-trofee
– PSG Wealth Financial Planning-prys
Zenobia het ‘n eerste klasposisie in graad 11 behaal met ‘n uitstekende gemiddeld van 88%. Sy is gekroon met Erekleure vir Akadmie: Graad 10, en ontvang die volgende toekennings:
– Afrikaans Huistaal
– English First Additional Language
– Wiskunde (Beste) – Schoeman-familie-beker
– Fisiese Wetenskap (Beste) – HVS-trofee
– Lewenswetenskap (Beste) – Septima Peyper-trofee
– Rekeningkunde (Beste) – Pietersen-wisseltrofee
– Gerber, Botha en Gowar-prys – Rekeningkunde
– Lewensoriëntering – St. 10-klas van 1950-beker
– PSG Wealth Financial Planning-prys
Elne het in graad 10 ‘n eerste klasposisie behaal met ‘n gemiddeld van 87,3%. Haar toekennings sluit in:
– Afrikaans Huistaal
– English First Additional Language
– Wiskunde (Beste) – HVS-beker
– Fisiese Wetenskap (Beste)
– Lewenswetenskap (Beste)
– Rekeningkunde (Beste) – Pietersen-wisseltrofee
– Gerber, Botha en Gowar-prys – Rekeningkunde
– Lewensoriëntering – St. 10-klas van 1999-beker
– PSG Wealth Financial Planning-prys
Hestri het met ‘n besonderse gemiddeld van 91,9% ‘n eerste klasposisie verwerf – ‘n uitsonderlike prestasie! Sy is gekroon vir:
– Tegnologie (Beste)
– Afrikaans Huistaal
– English First Additional Language
– Wiskunde (Beste)
– Ekonomiese en Bestuurswetenskappe
– Natuurwetenskap (Beste)
– Sosiale Wetenskap
– Digitale Tegnologie
– St. 10-klas van 1950-beker
– PSG Wealth Financial Planning-prys
Pieter Fourie in graad 8 behaal ‘n eerste klasposisie met ‘n gemiddelde van 93,6% en ontvang pryse vir:
– Afrikaans Huistaal (Beste) – Prof. Dorothea van Zyl Prys
– English FAL (Beste) – Mynhardt/Steyn Konstruksie Beker
– Wiskunde (Beste)
– Ekonomiese- en Bestuurswetenskappe (Beste)
– Natuurwetenskap
– Sosiale Wetenskap
– Tegnologie
– Digitale Tegnologie
– St 10-klas van 1988 Beker
– PSG Wealth Financial Planning Prys
Volkskool is opreg trots op hierdie leerders wat met harde werk en deursettingsvermoë uitblink. Julle is ware ambassadeurs van akademiese trots – en ’n inspirasie vir almal wat saam met julle leer en groei.
’n Hartlike dankie aan PSG Graaff-Reinet vir hul lojale borgskap en vir die aanmoediging. Julle betrokkenheid dra werklik by tot die bevordering van akademiese uitnemendheid by Volkskool.





